DRAMA

Quintus Viljoen het deurgedring na die Nasionale rondte van die Nasionale SATCH kompetisie as 'n verteenwoordiger van die Wes-Kaap. Quintus het die week van 4 tot 7 Oktober deelgeneem in Pretoria aan 4 verskillende afdelings. TV advertensie, Komedie, Prosa en Improvisasie. In elke afdeling was daar 135 deelnemers.

Quintus se uitslae was as volg:
Komedie : Goud (85%)
TV advertensie : Goud (85%)
Prosa : Silwer (84%)
Improvisasie : Bronze (79%)

Na die week behaal hy algehele 4de plek vir die TV advertensie, 10de plek vir komedie, 6de plek vir die Gedramatiseerde Prosa en 18de plek vir improvisasie. 

Quintus is ook uitgenooi deur Jaco Booyens ( 'n Amerikaanse akteur/regisseur ) om 'n filmstel by te woon van 'n film waaraan hy werk waarin Quintus as 'n ekstra gebruik gaan word. 
Baie geluk Quintus ons is baie trots op jou omdat jy weereens op hoogste vlak presteer het en jou merk gemaak het !!

DRAMAVERSLAG 2016
Die eerste geleentheid op die dramakalender was die KykNet Toneelspelkompetisie waaraan drie van ons dramaleerders: Quintus Viljoen, Johlize van der Merwe en Anandie Kruger deelgeneem het. Ons is baie trots op Quintus Viljoen wat uit honderde ander leerders gekies is om aan die finale rondte in Kaapstad deel te neem. Quintus het ook ’n puik A++ by die drama-afdeling van die George Eisteddfod behaal wat hom ’n ereplek by die feeskonsert van die Eisteddfod verseker het. Die skoolproduksie het weer die gehoor se lagspiere geprikkel met die ou komedie: ’n Seder val in Waterkloof. Die elf kleurvolle karakters het die gehoor daaraan herinner dat ons maar soms vir ons eie swakhede mag lag! Ons sien uit na nog baie talent in 2017!
R. Wessels
Drama-afrigter
  

 
drama