Oudtshoorn High School

HOKKIE | HOCKEY

HOKKIE

Die Struisies het ‘n besonder suksesvolle hokkiejaar beleef. Ek kan met opregte trots die volgende voorhou:
Daar het sewe volledige spanne in die liga deelgeneem waarvan die dogters en seuns o/16A-spanne derde geëindig het.
Ons twee eerstespanne, onder leiding van die twee entoesiastiese kapteine, Carla Swart en Didier Blacquiere, het ook
besonder goed in die liga gevaar, veral as ons in ag neem hoe jonk die spelers in die twee spanne is. Ons sien met groot
verwagting uit na 2018.


Baie dankie aan al ons toegewyde afrigters - mnre. W. Klopper, J. Dalton en F. Human asook mee. T. Terblanche, C. Dalton,
J. Hauman en H. Human wat gehelp het om ons seuns en dogters so goed af te rond.
Ons wil ook ons skeidsregters wat weer eens ‘n reusetaak verrig het, spesiaal bedank: Niël Terblanche, JG Marais en
Didier Blacquiere. Geluk aan Didier wat tydens die nasionale DF Malan-hokkiekursus sy minivlak 1-skeidsregtersgradering
behaal het.


Ons is trots op die spelers wat Eden-kleure verwerf het. Baie geluk aan:
0/14A – Anelisiwe Ntame, Andiswa Ngcobo, Tumelo Moraba
0/14B – Lunga Ndwandwe
0/16A – Anreé Weyers, Sibongile May, Tamike van Dyk
0/16B – Sima Selani, LLeythan Smith, Zeeck Rondganger
0/18A – Vicky Dreyer
0/18B – Liesje Krűger, William Davids, JG Marais, Niël Terblanche,
Aphiwe Mange, Ferenzo Moos


Die 0/14-seuns- en dogterspanne is hierdie jaar die geleentheid gebied om die Kwagga-juniorhokkieweek by te woon.
Die o/16A- en o/18A-dogterspanne het die nasionale DF Malan-hokkiekursus bygewoon en die 0/18A-seunspan het aan
die Fairmont-toernooi gaan deelneem. Ons beskou hierdie as geleenthede om ons spelers beter voor te berei vir die
komende hokkieseisoen.


Dankie aan al ons getroue ondersteuners. Sonder jul positiewe insette en aanmoediging sou die hokkiewedstryde maar
‘vaal’ vertoon het. Dankie aan alle ouers wat toegelaat het dat hul kind die kursusse of toernooie kon bywoon.
Ek sluit af met die bekende aanhaling: “Practise like you’ve never won; perform like you’ve never lost.” Ek glo dat hierdie
jaar vir elke deelnemer ‘n leersame en verrykende ervaring was. Mag ons nog meer sukses in 2018 behaal.


Hannelie Human
(Hokkie-organiseerder)
Struisies Oudtshoorn High School