KKNK VERBLYF Akkommodasie

Welkom by Hoërskool Oudtshoorn Akkommodasie
KKNK:  29 Maart tot 4 April 2018

Ligging

KKNK verblyf
Pinehurst en Huis Archer Koshuisinwoning

​Posbus / Box 194, Jan van Riebeeckweg 186, OUDTSHOORN 6620 Tel: 044 272 6155 Sel: 082 374 4434 Faks: 086 690 8438 E-pos: jsch@telkomsa.net (Pinehurst) en Huis Archer
Susan Sel: 0823906070 of E-pos: pinehurstk@gmail.com

KKNK 2017 vind plaas vanaf 29 Maart tot 4 April 2018.
Besprekings vir akkomodasie in Pinehurst en Huis Archer
Kampering by koshuise en skoolgronde kan alreeds gedoen word.
 
Pinehurst en Huis Archer Kampering

Besprekings vir akkomodasie in Pinehurst en Huis Archer.

Hoërskool Oudtshoorn Sportveld Kampering (Hokkieveld en Tennisbane)
 
Maksimum 6 persone per staanplek
Addisionele Voertuie: R25 per voertuig per dag
Geen skoliere mag kampeer sonder volwasse toesig nie (ouer/voog).

Maak asb. seker dat u die korrekte besprekingsvorm onder voltooi. Ons sien uit daarna om u in Struisieland te ontvang
Groetnis,
Herman (Skoolgronde)
Ida (Pinehurst)
Susan(Huis Archer)
Kampering op die Skoolgronde & Tennisbane:
Stuur jou besonderhede vir Herman aan:
struisiekamp@gmail.com
Besprekings vir Pinehurst en Huis Archer:
Stuur jou besonderhede vir Pinehurst na Ida by:
jsch@telkomsa.net en vir Huis Archer na Susan na pinehurstk@gmail.com 
Tariewe

Skool: Sportvelde & Tennisbane
Staanplek    R210 per dag   
Per persoon R55 pp/dag
 
Maksimum 4 persone per staanplek
Addisionele Voertuie: R25 per voertuig per dag
 
Geen skoliere mag kampeer sonder volwasse toesig nie (ouer/voog). 

Tariewe
Pinehurst Inwoning
Enkelkamer R330p/d
Dubbelkamer R600p/d
 
• Tariewe sluit ‘n ligte ontbyt in.
•  Maak asb voorsiening vir eie beddegoed.

Pinehurst Kampering
Staanplek R210p/d
Per Persoon R55pp/d
Alle kampeerplekke het toegang tot beperkte krag voorsiening
Slegs vier persone en een voertuig per staanplek word toegelaat. Geen studente.

Huis Archer Inwoning
Susan: 0823906070
e-pos:  pinehurstk@gmail.com
Enkel: R330 p/d
4-bed: R900 p/d
6-bed: R1320p/d
Huis Archer Kampering
Staanplek R210p/d
Per Persoon R55pp/d
Alle kampeerplekke het toegang tot beperkte krag voorsiening
Slegs vier persone en een voertuig per staanplek word toegelaat. Geen studente.
  



Naam en van
Email
Boodskap
Datums
Kontaknommer
Submit
​​Algemene Inligting: Kampering by Sportvelde en Tennisbane
U is baie welkom by die ABSA KKNK en in die besonder by HS Oudtshoorn. Ons is bly dat ons u tot diens kan wees. U sal dit gou ervaar dat ons as ‘n groot gesin funksioneer. [en selfs gesinne het soms moeilikheid !]

Om u gerief te verseker, wil ons graag die volgende onder u aandag bring:
Die meeste klagtes wat ons kry, is oor warm water in die ablusie. Ons wil versoek dat u so vinnig as moontlik stort [5 min maksimum] sodat ALMAL warm water kan geniet. [ons het ‘n ekstra 200l warmwatersilinder ingesit];
Dan krag: U moet besef dat ons slegs tydelike krag voorsien. Dit is gewoonlik vroegoggend wanneer almal ketels, ens. gebruik dat daar kragonderbrekings is. Intussen het ESKOM ook bygekom. U kan nie ‘n hele huishouding koppel nie. Ook is die kragnetwerk so gelê dat ons soms van die een staanplek na die ander staanplek ‘n koppeling moet afstaan. Wees asseblief redelik ! SLEGS STAANPLEKKE WAARAAN KRAGPUNTE TOEGEKEN IS, MAG KRAG GEBRUIK. Ons vra u samewerking.

Aan elke staanplek word ‘n sleutel vir die ablusie, ‘n toegangskaart en ‘n gekleurde armband uitgereik om toegangsbeheer te verbeter. [R50 deposito] Vir elke ekstra voertuig kan u ‘n ekstra kaart aanvra [R20/dag]. Die ablusiewerkers het opdrag om bewys van u staanplek te vra indien hulle twyfel. Werk asseblief saam. ELKE STAANPLEK HET ‘N SLEUTEL VIR DIE ABLUSIE. TREK ASB DIE DEUR TOE AS U INGAAN/UITGAAN. Dit is vir u gerief. Moet ook nie die deur vir vreemdes oopmaak nie. Pas asb u sleutel op – daar is nie ekstras nie ! U moet asseblief nie ekstra persone op u staanplek toelaat sonder die kampbestuurder se toestemming nie.
Vullisverwydering : Neem asb kennis dat u vanjaar u swartsak met vullis in die afgebakende gebied langs die ablusie moet plaas ver verwydering. Die munisipaliteit tel dit net op een plak op. Swartsakke is by die ablusiewerkers verkrygbaar. As u orige kos het, kan u dit gerus vir die ablusiewerkers gee. Hulle is van 06:00 tot 22:00 aan diens om die ablusiegeriewe skoon te hou. Behandel hulle asseblief menslik !


As u aanmeld, kry u ‘n rol toiletpapier. Daarna is dit u verantwoordelikheid om verder in die luukse te voorsien.
Moet asseblief nie skuif aan die bakens van die staanplekke nie. Dit veroorsaak onenigheid. Ons wil graag soos een groot gesin saamwoon.
As u enigsins onraad merk, kontak die beheertent of die sekuriteitsbeampte dadelik. Meld asseblief paddastoelkampeerders dadelik by die beheertent aan.
DIE OGGEND VAN U VERTREK MOET U ASSEBLIEF VOOR 10:00 U STAANPLEK ONTRUIM. INDIEN U WEER WIL BESPREEK VIR VOLGENDE JAAR, HANDIG ASSEBLIEF U AANSOEKVORM BY MY OF DIE BEHEERTENT IN. ENIGE ONVOLLEDIGE AANSOEKVORM SAL NIE VERWERK WORD NIE.
Geen voertuig word op die afgebakende sportvelde toegelaat nie. As u besoekers ontvang, moet hulle asseblief op die parkeerarea parkeer. Geen voertuig sonder ‘n kaart sal ingelaat word nie.

Herman Marais
Kampbestuurder