KRIEKET

STRUISIES-HOKKIEVERSLAG VIR DIE SEUNS 0/19 A-HOKKIESEISOEN:
Hierdie seisoen was een van die suksesvolste seisoene vir die 0/19 A seunshokkie in die Struisie-geskiedenis. Die volgende is ‘n uitstekende statistiek vir Hoërskool Oudtshoorn en kan gerus maar gehou word, want dit gaan baie moeilik wees om die seisoen ooit weer te verbeter.
Net ‘n paar punte van die seisoen:
· Hierdie seisoen was die o/19 A-hokkieseuns onoorwonne op hulle tuisveld.
· Ons het slegs 1 ligawedstryd verloor en dit was teen Hoërskool Outeniqua en onder die mees omstrede omstandighede.
· Ons het 5 hokkieskole gewen wat in die top 50 hokkie skole in die land is.
· Ons het Langenhoven Gimnasium die eerste keer in 10 jaar gewen en dit het ons twee keer reggekry!
· Ons het slegs 4 doele die seisoen afgestaan op ons tuisveld.
· Slegs 8 doele is hierdie jaar in die liga afgestaan.
· Daarteenoor het ons 28 doele in die jaar se liga geskiet.
· Op ons tuisveld het ons 43 doele hierdie seisoen geskiet, dit is die vriendskaplike wedstryde en die Karootoernooi ingesluit.
· Ons het slegs 5 doele op ons tuisveld afgestaan, vriendskaplike wedstryde en die Karootoernooi ingesluit.
· Hierdie jaar het ons 60 doele geskiet en 34 doele afgestaan. Dit sluit in die Fairmont- toernooi.
· Ons het die Karoo toernooi gewen.
· Ons het die liga gewen.
· Ons het interskole teen Langenhoven Gimnasium gewen.
· Ongelukkig het ons om baie verdagte redes op Kwaggadag verloor.
Wedstryd Gewen Verloor Gelykop DV DT Verskil
22 11 7 4 60 34 +26

Beplanning vir volgende jaar sal binne die volgende 2 weke in alle erns begin. Ons gaan begin deur proewe te hou vir die o/19 A-seunshokkie span. Die rede hiervoor is dat die seuns dan reeds weet wie moet spaar vir die Fairmont-toernooi en hulle dan genoeg tyd daarvoor het.
REKENAAROLIMPIADE: Baie geluk aan Hanro Lareman wat na die volgende vlak van die Rekenaarolimpiade deurgedring het. Sterkte vir die volgende eksamen wat op 6 September plaasvind.
HUISKOMITEELID: Baie geluk aan Amré McCallum wat tot die huiskomitee van sy koshuis by Stellenbosch Universiteit verkies is.
PRESTEERDERS: Indien u bewus is van enige oud-Struisie wat presteer versoek ons u om dit asseblief aan die skool deur te gee. Ons is tans besig met die samestelling van ons jaarblad en sal graag hierdie oudleerders daarin wil vermeld.

Geluk aan ons seunshokkiespan wat onder die top 25 spanne landwyd val 
DIT wil gedoen word manne Supertrots op julle !

https://www.mycomlink.co.za/posting.php?i=37314