Oudtshoorn High School
Hoërskool Oudtshoorn • PRYSUITDELING 2017

Wanneer ek bewustelik inskryf as leerder van Hoërskool Oudtshoorn word dit van my verwag dat my totale lewe, gedrag, optrede en omgang met ander altyd my liefde vir, trots in en die eer van my skool sal weerspieël.  
Dit veronderstel uiteraard dat ek
 
alle gelowe sal respekteer;
die gesag van my meerderes sal erken;
die waardigheid van my naaste sal erken;
die privaatheid en besittings van ander sal respekteer;
ander sal aanmoedig en help;
die voorreg om te groei en onderrig te word sal waardeer en
die wonder van die lewe om my sal koester.
 
Te alle tye en op alle plekke is ek ‘n waardige leerder van Hoërskool Oudtshoorn en as sulks lid van ‘n span, want dan vergemaklik ek die samewerking met ander en beskerm ek die beeld van ons skool.

Struisies Oudtshoorn High School