Oudtshoorn High School

RUGBY

  1. Managing Director
  2. Managing Director
  3. Managing Director
  4. Managing Director
  5. Managing Director
  6. Managing Director
  7. Managing Director
  8. Managing Director
  9. Managing Director
  10. Managing Director
  11. Managing Director
  12. Managing Director
  13. Managing Director
  14. Managing Director
  15. Managing Director
  16. Managing Director
  17. Managing Director
  18. Managing Director
  19. Managing Director
  20. Managing Director
  21. Managing Director
  22. Managing Director
  23. Managing Director
  24. Managing Director
  25. Managing Director
  26. Managing Director
  27. Managing Director
  28. Managing Director
  29. Managing Director
  30. Managing Director
  31. Managing Director
  32. Managing Director
  33. Managing Director
  34. Managing Director
  35. Managing Director
  36. Managing Director
  37. Managing Director
  38. Managing Director
  39. Managing Director
Die 2017-rugbyseisoen het al in Februarie begin met wedstryde teen Suid-Amerikaanse toerspanne. Hoërskool Oudtshoorn het twee van die drie wedstryde gewen. Daar is ook ander wedstryde gespeel in Porterville en Somerset-
Oos ter voorbereiding vir die seisoen. Gedurende die Maart-vakansie het al ons skoolspanne aan toernooie deelgeneem.
Die o/19-groep het weereens aan die Tony Stoop-toernooi deelgeneem en twee van hul drie wedstryde gewen. Die o/16-, o/15- en o/14-groepe was betrokke by hul onderskeie toernooie in George. Die o/19A-span het ‘n goeie seisoen beleef met oorwinnings oor Langenhoven Gimnasium, PW Botha Kollege, George High en Hoërskool Pearson. Die junior spanne het almal goeie rugby gespeel en ons kan uitsien na belowende rugby in die toekoms.
Ons spog vanjaar met verskeie provinsiale rugbyspelers. Baie geluk aan:
• Robin West (SWD-Cravenweekspan)
• Tiaan Fourie, Malusi Khumalo en LLyle Metembo (SWD-Akademiespan).

Baie dankie aan al ons gemotiveerde en goeie afrigters. Ons bedank u vir al u tyd, moeite en deursettingsvermoë om ons seuns se potensiaal te ontwikkel ten einde na die beste van hul vermoë te presteer. Baie dankie ook aan al die skeidsregters wat die wedstryde vir ons hanteer het. ‘n Besondere woord van dank aan al ons ouers, ondersteuners en borge wat die seisoen vir ons moontlik gemaak het. Baie dankie aan mnr. Gerrit Rudolph en sy noodhulpspan, asook mnr. Lewies Krisjan en al die algemene werkers wat ons terrein altyd so netjies voorberei.


Ons sien daarna uit om die Karoo Skole- toernooi volgende jaar vanaf 27 April 2018 tot 30 April 2018 aan te bied. Aan al die rugbyspelers: baie dankie vir julle harde werk, positiewe gesindheid en lojaliteit teenoor die spel, die skeidsregters en die skool.


Ons dank ook ons Hemelse Vader wat Sy hand oor ons gehou en ons geseën het. Dankie vir ons talente en dat ons dit kan uitleef in so ‘n wonderlike skool.
Ons sien uit na ‘n suksesvolle 2018-rugbyseisoen.


Bernie Deacon
(Rugby-organiseerder)
rugby
Robin West
Struisies Oudtshoorn High School